Fase 6 is terug (en dit heelnaweek)
Fase 6-beurtkrag sal heelnaweek duur.
Eskom het Vrydag "met groot spyt" aangekondig dat fase 6 vanaf 12:00 tot Maandag 05:00 ingestel sal moet word. Die kragvoorsiener sê 'n tekort aan opwekkingsvermoë en noodreserwes het hom genoop om drasties die fase te verhoog. Fase 6-beurtkrag is in September laas ingestel. Eskom sê hy sal die kragstelsel versigtig monitor en later vandag verdere besonderhede verskaf.